43 vas na taxi-geweld in die Kaap
Drie-en-veertig mense is in hegtenis geneem en meer as 40 taxi’s geskut op die N2 in die rigting van die Kaapstad Internasionale Lughawe. Taxi’s het die snelweg vanoggend vroeg versper te midde van die staking wat deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad in die Wes-Kaap uitgeroep is. Die LUR vir Polisietoesig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, het die afbrand en beskadiging van alle eiendom, veral veiligheidsverwante hulpbronne, veroordeel.