Namibiese maatskappye en borsvoeding onder die loep

Namibië het ‘n gebrek aan beleid en geriewe rakende borsvoeding by werksplekke. In die buurland het die departement van gesondheid in Stad Kaapstad ter viering van Wêreld-Borsvoedingsweek, wat vandag tot ‘n einde kom, ‘n uitreikprogram by die voedselprodusent, In2Food aangebied. Die program het borsvoedings-voordele, werksplek-beleide en die skep van borsvoeding-vriendelike werkplekke behels. Kosmos 94.1 Nuus het met die sekretaris-generaal van Tucna Mahongora Kavihuha gepraat oor of professionele werksplekke genoeg doen om seker te maak dat babas tot ses maande geborsvoed word…

Kavihuha sê sy kantoor het gepleit by maatskappye om borsvoedings-hoekies vir moeders babas te skep.