Eskom verlaag beurtkragAugust 4, 2023

Eskom sal weens verminderde vraag beurtkrag hierdie naweek op fase een en drie instel. Fase drie-beurtkrag begin vanmiddag om vier-uur tot vyf-uur môreoggend, gevolg deur fase een vanaf vyf voormiddag tot vier namiddag. Die patroon word tot verdere kennisgewing daagliks herhaal. Die tussentydsee woordvoerder van Eskom, Daphne Mokwena, sê die kragnuts-maatskappy werk onverpoos om eenhede by verskeie kragstasies te herstel.