Olieprys is bestendig, al is dit effe hoogAugust 3, 2023
Oliepryse blyk om vanoggend redelik stabiel voor te kom met min verandering na ‘n daling oor die afgelope twee dae, veral Woensdag, na Fitch se afgradering. Fitch het die langtermyn-valutagraderings van die VSA, die wêreld se grootste olieverbruiker, afgegradeer, wat verwagte fiskale agteruitgang, politieke polarisasie en die internasionale status van die Amerikaanse dollar weerspieël. Maar, Brent bly bo 80 Amerikaanse dollar ‘n vat en verhandel op die oomblik teen net bo 83 dollar as gevolg van laer voorrade en produksie besnoeiings. Ontleders meen die besnoeiings deur Opul-lede en sy vennote, sal op 4 Augustus, wanneer daar weer vergadering gehou word, in plek bly. Olie het in die afgelope maand met amper 12 persent gestyg maar, is amper 3 persent goedkoper as ‘n jaar gelede.