Busse brand weens Kaapse taxi-staking

Die Golden Arrow-busmaatskappy in die Wes-Kaap sê twee van sy busse is op Nyanga se bus-terminaal op die Kaapse Vlakte aan die brand gesteek. Dit volg na die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad met ‘n staking begin het teen die skut van hulle voertuie deur die Stad Kaapstad. Die woordvoerder van  Golden Arrow, Bronwen Dyke-Byer, sê hulle werk saam met wetstoepassingsagentskappe om te verseker alle passasiers word gehelp. Dyke-Byer voeg by hulle bedryf al hulle dienste vanaf Nyanga se polisiestasie as ‘n voorsorgmaatreël.