NamPost werk aan digital toepassings vir sy bankdienste

Namibia Postal Holdings, oftewel NamPost, sê hy sal die bekendstelling van ‘n elektroniese fondsoorplasing fasiliteit en ‘n mobiele toepassing prioritiseer soos hy werk om sy bankdienste te verbeter. Die maatskappy sê dit bly egter onwaarskynlik dat hy sy eie outomatiese tellermasjiene of kitsbanke bekend sal stel en sal eerder voortgaan om met kommersiële banke saam te werk om kliënte namens hom te bedien. NamPost sê digitale toepassings is belangrik omdat kliënte op die oomblik fisies in die bank moet wees oor oorbetalings te maak. NamPost se bankdienste bied betalingsoplossings, transaksionele bankdienste, spaar- en beleggingsfasiliteite, versekering en mikrolenings.