Kill the boer … VF+ lê klagtes teen EFF, Malema
Julius Malema se liedere bly in die nuus. Die Vryheidsfront Plus vra streng optrede teen die EFF-leier, oor opruiende uitsprake. Malema het die naweek Kill the Boer by die party se tiende bestaansjaar-viering gesing wat ook reaksie van Elon Musk uitgelok het. Intussen het die VF Plus klagtes by die polisie en die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien. Die leier, Pieter Groenewald, sê sulke aanhitsing tot geweld en haatspraak is onaanvaarbaar, veral met die hoë misdaad- en moordsyfers. Volgens Groenewald bly Malema se verklarings ongestraf ten spyte van vorige klagtes: