Berekeningsfout maak Voyager 2 stil
Nasa het kontak verloor met sy Voyager 2-tuig 19 miljard kilometer van die aarde af nadat hy die verkeerde opdrag gestuur het. Die ruimte-agentskap het onthul die ruimtetuig, wat die heelal al sedert 1977 verken, het verlede maand sy antenna twee grade weg van die aarde af gekantel nadat die fout, met net twee syfers, gemaak is. Die tuig het gevolglik opgehou om opdragte te ontvang of data te stuur maar die ruimte-owerheid sê sy hartklop word steeds gehoor. Nasa sê hy hoop die kommunikasie sal hervat wanneer die tuig in Oktober homself weer instel.