LPM sê oor uraanprojek en Russiese aankondiging oor ‘ontginning’
Die Landless People’s Movement het Calle Schlettwein, die minister van water en grondhervorming, se besluit geloof vir Namibië se toetrede tot die Waterkonvensie van die Verenigde Nasies. Dit volg nadat die nuusbrief van Energy Capital and Power berig dat Rosatom in Rusland sê hy sal teen 2029 uraan in Namibië ontgin. Rosatom is Uranium One se moedermaatskappy. Volgens die artikel sal Uranium One teen 2026 sy eksplorasiefase, wat in 2010 begin het, voltooi. Maar, die projek draai op die oomblik in die hof met die landbouminister wat weier om ‘n waterpermit uit te reik en daar is ander teenkanting van veral die landbousektor in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het met Joyce Muzengua LPM se hoof van menseregte, gesels…