Geringe daling in gaping tussen plaashek- en winkelpryseAugust 1, 2023

Die verskil tussen die prys van groente by die plaashek en op die winkelrak laat wenkbroue gereeld rys omdat dit plaaslik so groot is. In sy jongste ontleding sê die makelaarsfirma Simonis Storm dat die gaping effe verklein is met ‘n verhoging in pryse by die plaashek met amper 21 persent teenoor ‘n styging van net meer as 11 persent vir pryse op die winkelrak. Intussen toon ontledings dat El Nino-verskynsels die prys van nie-energie kommoditeite met 3,9 persent opgestoot het en olie met 3,5 persent. Dus, sal die insetkoste vir plaaslike produsente, veral onder droë toestande verder styg terwyl hulle kompeteer met goedkoper invoere vanuit Suid-Afrika en dus produksie in die informele mark verkoop.