Onwettige storting in die Kaap onder die loep
Die Stad Kaapstad sê boetes wat in Mei en Junie vanjaar uitgereik is vir rommelstrooiing en onwettige storting, het aansienlik toegeneem teenoor boetes in Maart en April. Altesaam 205 boetes ten bedrae van 548 700 Suid-Afrikaanse rand is gedurende Mei en Junie aan onwettige storters gehef, terwyl 112 mense in dieselfde tydperk beboet is vir rommelstrooiing ten bedrae van 56 000 rand. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur, Grant Twigg, sê dit is bemoedigend om te sien dat onlangse pogings deur die wetstoepassingseenheid vir munisipale regulasies vrugte afwerp: