Onbillike praktyke sluit duisende uit van armoede-toelaes

Die Instituut vir Ekonomiese Geregtigheid in die buurland het kommer uitgespreek oor die uitsluiting van duisende Suid-Afrikaners van die maatskaplike toelaes vir die verligting van nood. ‘n Senior beleidspesialis by die instituut, Neil Coleman, sê daar is onbillike praktyke betrokke, in baie gevalle waar toelaes nie betaal word nie. Die instituut is ook gekant teen die arbitrêre middele-toets, wat aansoekers met ‘n inkomste van meer as 350 Suid-Afrikaanse rand per maand, diskwalifiseer. Coleman sê die regulasies sluit miljoene mense wat in armoede leef, onwettig en ongrondwetlik uit: