Rundu sukkel weer met waterdruk
Inwoners van Rundu kla oor die waterdruk. Verlede jaar het die Rundu-dorpsraad nuwe water-aansluitings in alle ongedienste gebiede van die dorp tydelik opgeskort tot verdere kennisgewing om watervoorsiening na verskeie woongebiede met lae waterdruk te bevorder. Voorafbetaalde watermeters is deur NamWater geïnstalleer. Kosmos 94.1 Nuus het met Olavi Nathanael, uitvoerende hoof van die dorp, gepraat, oor wat die dorpsraad doen om die situasie te beredder.