Internetbeperkings in Afrika weens oproer neem toe

‘n Verslag deur die internetmonitor, Surfshark, in Nederland, toon verskeie Afrikalande het in die eerste helfte van die jaar meer internetbeperkings ingestel weens politieke oproer of betogings. Die lande sluit in Ethiopië, Mauritanië, Senegal, Guinee, Sudan en Tanzanië. Die verslag maan teen meer internetbeperkings in Afrika weens verkiesings en die betrokkenheid van weermagte. In Senegal het die owerhede ‘n mobiele internetafsluiting ingestel na betogings oor die vonnis wat opgelê is op die opposisieleier Ousmane Sonko. Die verslag lig die noodsaaklikheid uit dat Afrikalande internetvryheid en toegang tot inligting voorop moet stel.