Grant Williams twee weke op die bank

Die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, sê die skrumskakel Grant Williams sal vir minstens twee weke buite aksie wees nadat hy net 10 sekondes na die afskop van die veld af gedra moes word in die Bok-rugbykampioenskap-wedstryd teen Argentinië, Saterdag in Johannesburg. Williams het harsingskudding opgedoen ná ’n botsing met die Pumas se heelagter, Juan Cruz Mallia. Die Springbokke het naelskraap met 22-21 gewen. Williams is vir die res van die wedstryd deur Faf de Klerk vervang.