Stadspolisie-beamptes se vonnisse van 10 tot 18 jaar verleng vir moord
Die Windhoekse hooggeregshof het die vonnisse verhoog van drie voormalige Windhoek Stadspolisie-beamptes wat skuldig bevind is aan die moord op ‘n tiener in April 2013. Die vonnisse van oudpolisiebeamptes Werner Johannes Shetekela, Kleopas Kapalanga en Elia Nakale is elk van ‘n effektiewe tien jaar gevangenisstraf verhoog tot 18 jaar tronkstraf in ‘n uitspraak wat vandag in die hooggeregshof gelewer is. Die staat het teen die drie mans se vonnisse geappelleer nadat hul verhoor in Julie 2020 in die Windhoekse hoërhof afgehandel is. Die drie voormalige polisiebeamptes is skuldig bevind aan die moord op ‘n 17-jarige Mandela Ramakutla van Windhoek, wat in ‘n hospitaal in die hoofstad op 24 April 2013 gesterf het. Hy is dood agt dae nadat hy ernstig aangerand is deur die drie polisiebeamptes, wat Ramakutla daarvan verdink het dat hy betrokke was by die diefstal van selfone by Stad Windhoek. Die drie is in hul verhoor in die hoërhof skuldig bevind aan moord sonder ‘n direkte opset om ‘n moord te pleeg.