Motoriste in SA moet sakke skud vir brandstof
Namibiese brandstofpryse bly onveranderd, maar Suid-Afrikaanse motoriste is nie so gelukkig nie. Die Outomobiel-assosiasie is bekommerd oor Augustus se verwagte brandstofprys-verhogings omdat dit verbruikers negatief gaan raak. Data van die Sentrale Energiefonds dui aan 93-oktaan petrol se prys gaan volgende week met 30 sent per liter verhoog, en dié van 95-oktaan met 35 sent. Diesel- en lampolie-pryse gaan met ongeveer 72 sent per liter styg. Layton Beard van die AA het Suid-Afrikaners aangemoedig om hulle uitgawes dienooreenkomstig te beplan.