Mnyupe sê oor Dâures-projek se watervoorsiening
Kritiek word uitgespreek teenoor die groen-waterstofprojek by Dâures, of te wel, Brandberg. ‘n Duitse vergunning van 220 miljoen Namibiese dollar is goedgekeur en 37 miljoen dollar is reeds bestee, maar, die waterbron vir die projek is nog nie geïdentifiseer nie. Meer as 2,2 miljoen kubieke meter water is nodig met boorgate in die gebied wat tradisioneel 35 000 kubiek ‘n jaar lewer en die ondergrondse bronne van die Ugabrivier wat nie benutbaar is nie, omdat dit ‘n negatiewe impak op die natuur sal hê. Ontsoute water word ook oorweeg maar tot op hede blyk daar om geen plan te wees nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die Groenwaterstof-kommissaris James Mnyupe gesels oor waar die Dâures-projek water vandaan sal kry en hul planne.
Mnyupe voeg by dat daar besprekings met die litium-myn Andrada was…