Doeltreffende SAL sal ekonomie hupstoot geeJuly 27, 2023

Die buurland se minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, sê ‘n goed-toegeruste Suid-Afrikaanse Lugdiens het die vermoë om die land se ekonomie ‘n hupstoot te gee. Hy het die Mededingingstribunaal se voorwaardelike goedkeuring van die Takatso-konsortium se plan verwelkom, om 51 persent van die staatsbeheerde lugdiens te bekom. Hy sê dit is ‘n beduidende stap om die SAL mededingend en winsgewend te maak. ‘n Woorvoerder van die departement, Ellis Mnyandu, sê die minister het benadruk die lugdiens se regruk dien as ‘n baken vir wat staatsbeheerde instellings kan bereik wanneer die regte raamwerk aan hulle verskaf word: