115 sakehoofde beloof om SA te help met oplossings
Een-honderd-en-15 uitvoerende hoofde van die voorste maatskappye in Suid-Afrika het onderneem om die land te help met oplossings vir die probleme wat ekonomiese groei ondermyn. Daar word berig die veldtog is die grootste van sy soort, met uitvoerende hoofde van maatskappye in alle sektore van die ekonomie wat ondersteuning bied. Die doel is om die huidige trajek van die land se lae ekonomiese groei, verbrokkelende infrastruktuur, korrupsie en werkloosheid teen te werk. Business Unity South Africa se vise-president, Adrian Gore, sê die belofte is ‘n hegte verbintenis om verandering aan te vuur in sleutelsektore wat noodsaaklik is vir ekonomiese herstel.