Rugby: Duane Vermeulen lei veranderde Bok-span
Rugby: Die Springbok-agsteman Duane Vermeulen sal Saterdag in Johannesburg ‘n veranderde span aanvoer in hul laaste Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Argentinië. Afrigter Jacques Nienaber het nege veranderings gemaak aan die beginspan wat teen die All Blacks verloor het. Manie Libbok en Grant Williams is die nuwe skakelpaar. Die flanke Pieter-Steph du Toit en Marco van Staden keer terug, Malcolm Marx neem oor by Bongi Mbonambi, en Marvin Orie vervang vir Lood de Jager. Kurt-Lee Arendse keer ook terug. Die ervare senter Jesse Kriel sal sy eerste verskyning van die seisoen maak saam met die onderkaptein, Damian de Allende.