Dokters sonder Grense eis beter beskerming in Sudan

Die internasionale mediese organisasie, Dokters Sonder Grense, dring aan op groter beskerming in Sudan nadat gewapende aanvallers nooddienswerkers aangeval het toe hulle voorraad by ʼn hospitaal in Kartoem aflewer. Die aanvallers het die werkers gewelddadig aangeval en die organisasie se bedrywighede by die hospitaal in die wiele gery. Die voorval vererger die voortslepende humanitêre krisis in die streek aangesien die gevegte tussen die Sudannese weermag en paramilitêre magte voortduur. Amptenare van die Verenigde Nasies vrees Sudan kan stelselmatig in ʼn burgeroorlog wegsink aangesien pogings om te bemiddel nog nie die konflik opgelos het nie.