Brandstofprys sal sekerlik in Augustus stygJuly 25, 2023

Met oliepryse wat met 11,55 persent oor die afgelope maand gestyg het, wil dit voorkom asof daar ‘n brandstofprys verhoging in Augustus sal wees. Die kommoditeit verhandel steeds bo 82 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die Cirrus-ekonoom, Robert McGregor, sê die koste van raffinering het ook gestyg en dus is ‘n verhoging hoogs waarskynlik.