Studente hervat klasse, sommiges sonder fondse

Studente van Namibiese universiteite hervat vandag hul klasse, maar talle sukkel om te registreer omdat hulle nie registrasiefooie of fondse het om vir onderrig te betaal nie. Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, beplan om ‘n vergadering oor studenteskuld en -befondsing te hou. Studenteskuld en onvoldoende finansiering belemmer steeds toegang tot hoër onderwys in Namibië. Nanso het egter intussen eise gestel aan die Namibiese Studente Finansiële Bystandsfonds vir deursigtigheid en die onmiddellike vrystelling van nie-onderrigfondse aan alle studente. Dorothea Nangolo, die organisasie se woordvoerder, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…