Skoolhoofde en onderwysers moet leiding neem
Onderwys in die landelike gebiede het talle uitdagings, veral weens ‘n gebrek aan infrastruktuur soos klaskamers. Meer as 500 onderwysers in die Oshikoto-streek se Oshigambo-kring het hul jaarlikse personeel-konferensie gehad vir ‘n spanbou en hersiening van akademiese prestasies. Fillemon Nangolo, adjunkdirekteur in die onderwysministerie en voormalige skoolhoof van die Oshigambo Senior Sekondêre Skool, het beklemtoon dat die transformasieproses van die onderwysstelsel berus op die toewyding en vermoë van skoolhoofde en hul personeel om hul pligte met ywer en nougesetheid uit te voer. Die streeks-onderwysdirekteur, Aletta Eises het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…