Shiimi besoek streke vir insig in middertermyn begroting
Die minister van finansies en openbare ondernemings Ipumbu Shiimi gaan saam met die Nasionale Beplanningskommissie ‘n omvattende oorsig van die middeltermyn begroting in verskeie streke regoor die land doen. Hierdie inisiatief het ten doel om die vordering wat tot dusver gemaak is, te evalueer en gebiede te identifiseer waar aanpassings nodig mag wees om ekonomiese groei te verseker. Tydens hierdie streeksbesoeke sal die minister met plaaslike regeringsamptenare en gemeenskapsleiers vergader om waardevolle insigte oor die implementering van fiskale beleide en die impak wat dit op verskeie sektore gehad het, te kry. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se woordvoerder, Wilson Shikoto, gepraat…