Meer as 7 000 pasiënte in Gauteng sê hospitale besmet
Die DA in Gauteng sê altesaam 7 457 pasiënte het verlede jaar ‘n besmetting opgedoen in openbare hospitale in die provinsie, meestal weens swak beheermaatreëls. Die LUR vir gesondheid en welstand, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het dit bekend gemaak in ‘n skriftelike antwoord op die party se vrae in die wetgewer. Die DA-lid, Jack Bloom, sê die besmettings wat in ‘n hospitale opgedoen word, word dikwels veroorsaak deur organismes wat weerstand bied teen antibiotika.