Veldbrand woed ook op Griekse eiland CorfuJuly 24, 2023
‘n Verwoestende veldbrand op die Griekse eiland Corfu het daartoe gelei dat toeriste ook van dié eiland ontruim moes word. Sowat 19 000 besoekers aan die eiland Rhodos is ook na veiligheid geneem. Die twee eilande is van Griekeland se gewildste bestemmings vir veral Britse en Duitse toeriste. Van die toeriste het die nag op die vloer in die lughawegebou op Rhodos deurgebring terwyl hulle wag vir vlugte. Temperature in Griekeland het die afgelope week op verskeie plekke tot hoër as 40 grade Celsius gestyg.