Fietsry: Vingegaard wen tweede Tour de France
Fietsry: Jonas Vingegaard van Denemarke het sy tweede agtereenvolgende Tour de France-titel verower. Die 26-jarige Deen het sewe minute en 29 sekondes voor sy naaste teenstander, die tweemalige wenner Tadej Pogacar van Slowenië, klaargemaak. Die Brit Adam Yates was derde. Vingegaard se voorsprong was die grootste sedert 2014. Die Belg, Jordi Meeus, het Sondag in die laaste skof op die Champs-Elysees in Parys sy eerste Tour de France-skof gewen. Vingegaard sê sy selfvertroue het toegeneem sedert sy oorwinning verlede jaar.