DA: Kwesbares sukkel om kos op die tafel te sit

Die DA sê kwesbare Suid-Afrikaanse huishoudings sukkel steeds om kos op die tafel te sit, wat tot wanvoeding lei. Die party sê die aankondiging van Statistiek Suid-Afrika van ‘n 11,1 persent styging in voedselpryse die afgelope jaar volg op die onthulling dat ernstige wanvoeding by kinders onder vyf jaar die afgelope vyf jaar met 26 persent toegeneem het. Bridget Masango van die DA sê die party se maatskaplike ontwikkelingsbeleid het verskeie aanbevelings oor hoe om wanvoeding op te los.