Meld bedrogsake by Nampol aan

Swendelaars is weer besig met hul skelmstreke om Namibiërs uit hul swaarverdiende geld te probeer bedrieg. Dié keer word kliënte van die netwerkverskaffer MTC geteiken. Hulle word deur onbekende persone gebel met die “goeie” nuus dat hulle geld in ’n kompetisie van MTC gewen het. Die swendelaars sal dan die persone vra om hul persoonlike bank- of selfoon-pinnommers te bevestig. Een van die slagoffers is ‘n Kosmos 94.1-luisteraar wat die nuusspan van so ‘n voorval in kennis gestel het. Kosmos 94.1 Nuus het uitgereik na John Ekongo, MTC se korporatiewe kommunikasiebestuur, wat Namibiërs teen die swendelaars waarsku en om sulke voorvalle by MTC of die Namibiese polisie aan te meld…