Fietsry: Sloween wen 20ste skof van Tour de France

Fietsry: Tadej Pogacar van Slowenië het die 20ste skof van die Tour de France gewen. Die Deense fietsryer, Jonas Vingegaard het egter genoeg tydens die bergskof gedoen om na alle waarskynlikheid sy tweede agtereenvolgende algehele toer-oorwinning te beklink. Vingegaard het ‘n voorsprong van 7 minute 29 sekondes oor die Sloween. Die fietsren eindig môre tydens die seremoniële skof tot by die Champs Elysees in Parys.