Eervolle gedenkdiens vir wyle vlieënier op Swakop-vliegveld gehou

Die gedenkdiens van die deurwinterde vlieënier en instrukteur, die 54-jarige Jacques Jacobs is gepas by die Swakopmund-vliegveld gehou. Ter nagedagtenis aan Jacobs het vyf vliegtuie ‘n saluut-vlugformasie oor die vliegveld gevlieg. Dit is ‘n wêreldwye tradisie in lugvaart en die lugmag ter ere van afgestorwe of vermiste vlieëniers. Jacobs en die lugvaart-ingenieur, die 29-jarige Dirk von Weidts, is Maandag tragies in ‘n helikopterongeluk op die kusdorp dood. Hulle was besig om ‘n Robinson 44-helikopter te toets toe dit neergestort het. Beide die slagoffers was hoogs gerespekteerd in Namibiese lugvaartkringe.