Gholf: Brian Harman loop voor by Brtise OpeJuly 22, 2023
Gholf: Brian Harman loop met vyf houe voor aan die begin van die naweek se spel by die Britse Ope. Tommy Fleetwood is die Amerikaner se naaste uitdager na Harman se sensasionele ses onder baansyfer 65. Hy het vier agtereenvolgende voëltjies van die tweede putjie behaal en ‘n arend by die 18de putjie om tot tien onder te vorder ná twee rondes op die Royal Liverpool-baan. ‘n Just Stop Oil-betoging het die toernooi Vrydag vlugtig onderbreek. Vier mense is aangekeer ná ‘n rookgranaat afgeskiet is en oranje poeier naby die speelveld gestrooi is.