Kommer oor mensehandel in SAOG-streek
Tydens die openingseremonie van die 25ste Vergadering van die SAOG Ministeriële Komitee van die Orgaan oor Politiek, Verdediging en Sekuriteit-samewerking, het die Namibiese adjunk-premier en minister van internasionale betrekkinge, Netumbo Nandi-Ndaitwah die kwessie van mensehandel aangespreek. Die ministeriële vergadering sal verder die status van bekragtiging van die Protokol oor die Fasilitering van die Beweging van Persone in die SAOG-streek van 2005 oorweeg, wat nog nie van krag is nie. Die voormalige inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, Sebastian Ndeitunga het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê dat regerings hierdie probleem dringend moet takel…