Hoofregter pleit vir kragtige regstelsel in SAJuly 21, 2023

Hoofregter Raymond Zondo pleit vir ‘n kragtige regstelsel in Suid-Afrika om maatskaplike geregtigheid en gelykheid te bevorder. Hy het die oproep gedoen tydens sy hoofrede op die gedenk-lesing van Griffiths en Victoria Mxenge by die Nelson Mandela Universiteit in die Oos-Kaap. Zondo sê die stap is ʼn poging om die nasie se strewe na ‘n regverdige en billike samelewing te versterk.