Seibeb sê drakoniese reëls in NV moet skoertJuly 20, 2023

Landless People’s Movement se hoofsweep, Henny Seibeb, het parlementslede gewaarsku om nie reëls op te stel wat uitgesproke LP’s kriminaliseer nie. Seibeb het sy eweknieë by ‘n vergadering in Swakopmund aangemoedig om met reëls vorendag te kom wat sal help om die funksies van die parlement te versterk. Lede van die Nasionale Vergadering het vergader om die huidige reëls wat die huis beheer, te hersien., wat sewe jaar gelede hersien is. Sommige van die LP’s, soos Seibeb, het die skuiwergate in die huidige reëls van die parlement uitgelig.