Nóg ‘n aangehoudene ontsnap, weer vasgetrek
Nóg ‘n gevaarlike aangehoudene wat tereg staan op verskeie ernstige aanklagte, het ontsnap nadat hy in die Onandjokwe-hospitaal onder polisiebewaking was. Die verdagte, wat in die Oluno-gevangenis by Ondangwa aangehou is, het glo voorgegee dat hy siek is en is na die hospitaal geneem. Hy het kaalvoet ontsnap en is weer later met behulp van inligting van die gemeenskap in hegtenis geneem. Volgens die Namibiese polisie in die Oshana-streek, staan die verdagte as ‘n gevaarlike misdadiger bekend wat teregstaan op vier aanklagte van roof, en een elk van verkragting, betreding, ontvoering en aanranding van ‘n polisiebeampte. Die verdagte verskyn môre in die landdroshof op Ondangwa.