Belastingbetaler-bedrogskema van NamRA kring uitJuly 20, 2023
Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA se verlies in belastingbedrog het tot 833 miljoen Namibiese dollar gestyg en slegs 19,9 miljoen dollar is verhaal. Volgens NamRA het die bedrag van die bedrogskema wat in Januarie as 136 miljoen dollar aangemeld is, toegeneem tot 833 miljoen dollar. NamRA wat die bedrogskema in 2021 ontdek het, sê dit het daarin geslaag om 19,9 miljoen dollar te verhaal, met 1 168 belastingbetalers wat geïmpliseer is, ‘n toename vanaf die Januarie-syfer van 921. Volgens die agentskap se hoof-strategiese kommunikasie hoof Steven Ndorokaze is die belastingbetalers werksaam by 84 instellings, wat privaat maatskappye, staatskantore, ministeries en agentskappe, sowel as openbare instellings insluit.