Ondersoek geëis ná sluipmoord op opposisieleier van DRK

Die familie van die vermoorde opposisieleier van die Demokratiese Republiek van die Kongo, Chérubin Okendé, het ‘n klagte van arbitrêre inhegtenisneming en moord by die kantoor van die land se Openbare Beskermer ingedien. Okendé se koeël-deurspekte liggaam is Donderdag in sy motor in Kinshasa gevind. Sy sluipmoord het spanning laat ontstaan voor die algemene verkiesing in Desember. Die familie doen ‘n beroep vir ‘n ondersoek om die moordenaars en beplanners van die sluipmoord te identifiseer. Die familie se prokureur, Laurent Onyemba, sê die familie verwelkom oproepe vir ‘n onafhanklike internasionale ondersoek.