Meer Europese toeriste besoek Namibië

Die Gasvryheidsvereniging van Namibië sê die toerisme-sektor dui op volle herstel ná die Covid-pandemie teen die einde van hierdie jaar. Trouens, die maande Junie 2019 en 2023 het op byna dieselfde vlak van 51 persent besettingskoers regoor die land en kategorieë geëindig. Die gemiddelde besetting in die eerste helfte van vanjaar staan op 44,68 persent, net 2,5 minder as die 47,23 persent besetting in die eerste helfte van 2019. Wat die markte betref het, die Duitssprekende Europese lande en die res van Europa vanjaar selfs met onderskeidelik 3,5 persent en 0,5 persent gegroei. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gitta Paetzold het haar opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus gedeel…