Geskortste OB ontvang glo doodsdreigemente

Die geskorste Openbare Beskermer in die buurland, Busisiwe Mkhwebane, en haar man, David Skosana, het die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, daarvan beskuldig dat partykomiteelede opdrag gegee is om teen haar te stem in die ampsklag-ondersoek . Sy het die media toegespreek oor kwessies wat verband hou met die parlement se Artikel 194-ondersoek na haar geskiktheid vir die pos, nadat sy drie van die komitee se sperdatums misgeloop het. Intussen sê Mkhwebane sy word onregverdig behandel en beweer dat sy sedert haar skorsing doodsdreigemente ontvang het.