Black Business Council verwelkom Eskom-bedryfshoof se vertrek
Die Black Business Council verwelkom die vertrek van Eskom se voormalige bedryfshoof, Jan Oberholzer. Die raad se uitvoerende hoof, Kganki Matabane, het die bestuurspan onder leiding van Oberholzer en die gewese uitvoerende hoof, André de Ruyter, gekritiseer en sê hulle het bygedra tot Eskom se agteruitgang. Oberholzer het in April afgetree, maar ‘n twee-jaar-kontrak onderteken om toesig te hou oor sleutelprojekte by die Kusile- en die Koeberg-kragstasie. Matabane sê verbeterings is ondervind sedert die twee voormalige bestuurders weg is.