Putin waarsku oor trosbommeJuly 17, 2023

Die Russiese President Vladimir Putin het gewaarsku sy land het genoeg trosbomme in voorraad en nie sal huiwer om dit teen die Oekraïne te gebruik nie. Dit volg nadat Amerika verlede week trosbomme in Kiëf afgelewer het. Die bomme word in meer as 100 lande verbied, omdat hulle gewoonlik groot getalle kleiner bomme uitskiet wat onoordeelkundig oor ‘n wye gebied sterftes kan veroorsaak. Die Oekraïne sê hy sal trosbomme gebruik om vyandelike soldate te verdryf wanneer hy probeer om sy eie grondgebied terug te neem, maar sal dit nie op Russiese grondgebied gebruik nie.