ANC hou vol beurtkrag kan teen Desember eindigJuly 17, 2023
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party se nasionale uitvoerende komitee is vol vertroue daar is ‘n groter kans dat beurtkrag teen Desember kan eindig. Hy het die media toegespreek oor die uitkoms van die komitee se vergadering. Mbalula sê die komitee is bly om ‘n merkbare verbetering in verskeie Eskom-aanlegte se energiebeskikbaarheidsfaktor te sien, ten spyte van volgehoue probleme met beurtkrag: