Hollywood-staking gaan werklik oor brood-en-botter kwessies
As jy ‘n aanhanger van die Avatar-rolprent reeks is en of jy Gladiator verkies, die staking in Hollywood gaan jou rolprent-genot bederf. ‘n Totaal van 160 000 lede van die Screen Actor’s Guild staak op die oomblik – ‘n staking wat tot die einde van die jaar kan duur. Dit is die eerste so ‘n staking sedert oudpresident en akteur, Ronald Reagan in 1960 so ‘n staking gelei het. Dit handel oor kunsmatige intelligensie en sogenaamde oorblywende betalings – betalings wat akteurs kry per platform waar die reeks of rolprent vir betaling beskikbaar is. Susan Sarandon sê dit vat nie baie om die bedreiging van kunsmatige intelligensie te sien nie.
En Matt Damon sê talle akteurs, veral die minder bekendes, kan nie eers gesondheids-versekering bekostig nie.