Stof wil nie gaan lê oor dr. Itah-sage

Die stof rondom die sage van minister van hoër onderwys dr. Itah Kandjii-Murangi, wil maar net nie gaan lê nie. ‘n Storm het om haar kop losgebars nadat die AR-leier Job Amupanda beweer het dat sy 1,5 miljoen Namibiese dollar se reiskoste van drie staatsinstellings en van Unesco geëis het. Die ministerie van hoër onderwys het intussen in ‘n mediaverklaring bevestig dat Unesco in Parys, Frankryk, dr. Kandjii-Murangi, se reis na New York in die VSA ten volle betaal het. Uit die politieke landskap word egter eise gestel dat President Hage Geingob optree teen die minister. Politieke aktivis Simon Amunime wat met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het, sê dit is tyd om die saak met rus te laat.