Olifante in gevangenisskap se lyftaal bestudeer

Die Universiteit van Pretoria sê ‘n internasionale navorsingspan het opgelet hoe sewe olifante in semi-gevangenskap in Knysna, Wes-Kaap, hul slurpe, sterte en liggame beweeg wanneer toeriste hulle voer, aanraak, op hulle ry of saam met hulle stap. Deur die olifante se liggaamstaal te ontleed en te kyk hoe dikwels hulle sekere bewegings maak, het hulle bevind die diere word geraak deur spesifieke interaksie, soos stap en ritte met toeriste. ‘n Professor aan die universiteit se Soogdier Navorsingsinstituut, Andre Ganswindt, sê hierdie bevindings kan hanteerders help om optrede te bepaal om die welstand van die olifante te verseker.