Polisie glo probeer omkoop om gekonfiskeerde voertuig terug te gee

‘n Werknemer van NamPort is borgtog in die Outapi-distrik geweier. Volgens ‘n mediaverklaring van die Teenkorrupsie-kommissie van Namibië het die beskuldigde, Wilhelm Gideon glo probeer om ‘n polisiebeampte om te koop. Beamptes van die gesondheidsministerie het glo met Gideon se Toyota LandCruiser gesteelde farmaseutiese produkte van die Ondimba-kliniek vervoer toe hulle op 19 Februarie naby die Oikokola-grenspos met Angola in die Omusati-streek. vasgetrek is. Daar is beslag gelê op Gideon se voertuig en hy het glo probeer om die ondersoekbeampte met 20 000 Namibiese dollar om te koop om sy voertuig terug te gee. Gideon se saak is tot 10 Augustus vir verdere ondersoek en ‘n formele borgtogaansoek uitgestel