Indië stuur vandag sy derde sending maan toe

Indië stuur vandag sy derde sending maan toe in sy poging om slegs die vierde land naas Amerika, Rusland en China te word wat ‘n beheerde maanlanding uitvoer. Die Chandrayaan-3-ruimtetuig sal van die Sriharikota-ruimtesentrum opstyg met ‘n wenteltuig, landings-tuig en verkenningstuig aan boord. Die doel van die sending is om veilig op die maanoppervlak te land, inligting in te samel en ‘n reeks wetenskaplike proewe uit te voer om meer oor die maan se samestelling te leer.